Sunday, December 10, 2017

By die plaas

My oupa David Cloete het 'n plaas in Normandien, baie naby aan Newcastle, hy bly aan die voet van die Drakensberge. Ons stap BAIE op die berge-dis as pa nie my motorfiets saam sleep nie-dan explore ons alles. As pa my motorfiets saam bring dan jaag ek oor die berge met die masjien. Dis so lekker om stof te maak, ek speel graag met oupa se werkers, Josef en Amet sokker , Amet speel sokker vir Kaizer Chiefs no. 9 Midfield.
Dis ek, sussie en ma.

Hier is ouma, oupa en pappa op die berge.Nou is ek op ''Die Aarend se kop.''
Ek is besig om van klip tot klip gespring tot dat ek amper my boude gesien het op ''Die Aarend Se Kop''
Ma en sus het gaan stap. Ma sê alty:Selfie! 
Ons is in mnr. Berg se blomme tuin.















Hier is ek, 'n klein karnalie 3 jarige genaamd Adam en my klein sussie Charma op " Die Aarend se kop." Ons sit in gate en gooi klippe by die berg af.




Ma raas en sê;''Skuif nou!''Julle gaan afval!''
















Suster sê;''Kom ons klim!''

Saturday, December 9, 2017

Die wit JAKARANDAS

Die wit jakarandas is SO MOOI teenoor die pers jakarandas.
Hier is 'n klein vidiogreep, van Herbert Baker Straat vir julle:


Ek, my suster en my ma het gaan kyk. Alles was so mooi dat ons blommetjies gaan optel het. Ons het tenminste so 20-28blommetjies gekry. Ek het van die sade probeer plant, maar wat het opgekom? BOGEROL.








By 'n ou kerk

Hierdie is 'n ou kerk wat ek in Greylingstad gesien het, ons kon ongelukkig nie ingaan nie, omdat die hekke nog gesluit was.
                                                                                                              Dit het trappies aan elke kant gehad, 'n klok met 'n punt dak, daar was 'n baksteen tafeltjie.

Ds. B.R. Hattingh was van 1910 - 1916 die gemeente se eerste leraar, Ds. N.H.C. De J.Theunissen het van 1916 tot sy dood op 9 November 1929 "dominee-dominee" gespeel.

Dis die kerk aan die linker kant. Dink bietjie hieraan; as die hek gesluit was, sou jy nie so graag in wou gaan nie? Nou ja, dis presies hoe ek gevoel het:Kan ek asb. ingaan?
"Wat 'n mooi kerk!",het mamma uitgeroep.

Dit het gevoel soos net 30 sekondes wat ons daar was, toe moes ons gaan.






Ons is nou oppad kerk toe, hier is die kerk van ver af
.